Tuisblad | Wat is ‘n lipovisor | Hoe dit werk | Voordele en gebruike | Inligting vir dokters| Kontak ons


LIPOVISOR: DIE VOORDELE VAN LIPOMODELLERING IN 3D

VOORDELE EN GEBRUIKE VAN DIE LIPOVISOR

Die Lipovisorä is uiters maklik om te gebruik want dit vertoon met uiterse presisie op sy eie kleurmonitor, die dikte van die vetlaag, die tipe vet teenwoordig, en die presiese ligging van die vet wat verwyder moet word.

Met ander woorde, die Lipovisorä laat toe dat die laag van vetweefsel wat verwyder word, perfek vooraf, gedurende en na die liposuiging of lipomodellering prosedure gekontroleer word. Dit laat die operasie met uiterse presisie en in hoë definisie (HDL – Hoë Definisie Liposuiging) plaasvind.

Die Lipovisorä kan dus suksesvol deur enige plastiese of kosmetiese chirurg gebruik word om enige liposuiging of lipomodellering prosedure met ‘n hoër graad van akkuraatheid uit te voer.

Liposuiging moet trouens nie net aangewend word vir die verwydering van vet nie, maar meer belangrik, vir die vorming en kontoere van die liggaam volgens die verskillende hoeke en vlakke.

Dit is baie belangrik as in ag geneem word dat vetselle wat verwyder is, nie weer sal vorm nie. Dit is fundamenteel dat ‘n deeglike pre-operatiewe ondersoek van elke pasiënt gedoen word. Die verspreiding van oortollige vetweefsel sal verander afhangend of die pasiënt in ‘n staande of lêende posisie is. Dit is wanneer die chirurg se vermoëns en vaardighede van observasie ‘n bepalende faktor raak gedurende die operasie.

In soortgelyke operasies is dit essensieel om ‘n bepaalde hoeveelheid vetweefsel te behou sodat die kontoere van die liggaam gevorm kan word, terwyl aan die ander kant ‘n onvoldoende versameling of tekort aan vet deur ‘n nalatige operateur die gevolg sal hê van sigbare golwe in die vel en esteties lelike vlekke.

In hierdie geval sal ‘n tweede operasie benodig word ten einde die oortollige vet deponerings te verwyder, wat duidelik vir die pasiënt ongemak en vir die chirurg verleentheid sal besorg.
Selfs oortollige verwydering van die vetneerslae sal aansienlike ongemak vir die pasiënt veroorsaak, aangesien dit permanente bulte en duike in die vel nalaat wat moeilik is om permanent te verbloem.

Tipies, in hierdie tipe operasie, steun chirurge op hulle eie hand sensitiwiteit, wat duidelik tot gevolg het dat daar probleme is om met absolute presisie te bepaal hoeveel vet verwyder moet word, en meer belangrik nog, wat om nie te verwyder nie.

Die doel van gerekenariseerde hoë definisie liposuiging (HDL – Hoë Definisie Liposuiging) is om ongerief soos in die vooraf gaande bespreking te vermy deur van skandering van die vetweefsel voor, tydens en na die prosedure gebruik te maak.
Die Lipovisorä is ‘n toestel wat die presiese hoeveelheid en verspreiding van vetneerslae in die liggaam vertoon.

Gerekenariseerde hoë definisie lipomodellering met die gebruik van die Lipovisorä is eenvoudig en vinnig. Dit gee aan jou die vermoë om verspreiding van en die hoeveelheid vetweefsel te bepaal en verskaf dan ‘n grafiese voorstelling so na as moontlik aan die werklikheid.







VIDEO

Watch the video »

Download the brochure
Easily download the complete Lipovisor™ brochure in pdf format

Request the DVD
Send the following request to receive a copy of the DVD presentation

 
Kontak ons