Tuisblad | Wat is ‘n lipovisor | Hoe dit werk | Voordele en gebruike | Inligting vir dokters| Kontak ons



Liposuiging in Hoë Definisie


Liposuiging chirurgie is hoog in aanvraag , spesifiek omdat daar gelokaliseerde vet deposito’s verwyder kan word , waar dit andersins agterweë sou bly, ten spyte van ‘n dieet of fisiese aktiwiteite .

Liposuiging herskep die pasiënt se liggaam deur ongewensde vetselle in spesifieke areas van die liggaam (soos bv. heupe, dye,maag, binnearm, ken ens.) te verwyder. Bykomend daartoe, kan vetselle wat verwyder word weer in dieselfde pasiënt op ander plekke terug geplaas word om die liggaamslyne te verbeter( soos bv. vergroting van die boude, opvul van plooie en kreukels in die gesig, ens) deur ‘n proses wat as lipovulling of lipomodellering bekend staan.

Om in staat te wees om die presiese hoeveelheid vetselle te verwyder gedurende ‘n liposuiging prosedure is een van die hoofbrekens en probleme wat ‘n chirurg mag hê.

Die onvermoë om die hoeveelheid vetselle te sien wat onder die vel agter bly en hulle presiese posisie, het tot gevolg dat die chirurg soms vetselle verkeerdelik verwyder omdat hy nie ‘n verwysing het nie ( of meer spesifiek, sonder om te weet wat die hoeveelheid vetselle is wat agtergebly het en waar hulle is).

As gevolg hiervan , gebeur dit na ‘n liposuiging dat daar soms bulte en duike ontstaan.. Dit word veroorsaak omdat die chirurg nie presies weet hoeveel om te verwyder nie en daarom word te veel of te min verwyder. Hierdie onooglike bulte en duike moet dikwels deur ‘n kunsmatige vuller opgevul word of deur vet verplasing ( deur van die pasiënt se eie vetselle te gebruik).

Die gebrek aan presisie kan nie totaal en al aan die onvermoë van die chirurg toe gereken word nie , maar eerder aan die onvermoë om te kan “ sien” wat onder die vel aangaan.

Met Lipovisor™ kan die chirurg uiteindelik sien , iets wat tot onlangs toe onmoontlik gelyk het Die Lipovisor skandeer die vet deposito’s in uiterste presisie en vertoon dit dan op ‘n monitor gedurende die chirurgie. Dit stel die chirurg in staat om terwyl hy die chirurgie uitvoer, presies die laag vetselle te kan sien wat reeds verwyder is en ook die wat agtergebly het en waar hulle is.

Op hierdie wyse het liposuiging nou ‘n presisie prosedure geword in “hoë definisie.” Die chirurg is nou in staat om die liggaamslyne perfek te vorm , sonder om die kleinste hoeveelheid vetselle agter te laat of om enige onooglike bulte of duike te vorm wat gepaard gaan met liposuiging.








Download the brochure

Easily download the complete Lipovisor™ brochure in pdf format

Request the DVD
Send the following request to receive a copy of the DVD presentation

 
Kontak ons © 2008 by Golden Key Srl