Lipovisor™
is ‘n apparaat wat die hoeveelheid vetdeponering
in die liggaam noukeurig skandeer en vertoon.
Dit is ‘n gebruikersvriendelike, nie-ingrypende
apparaat wat met relatiewe akkuraatheid die verspreiding
en hoeveelheid vetneerslae en weefsel wat in enige
liggaamsdeel voorkom vertoon en dit met presiese beelde
op ‘n monitor aandui.
Die transmissie van hierdie spesifieke energie seine
aksentueer die hoeveelheid vetselle wat onder die
vel teenwoordig is, sonder om enigsins die anatomiese
struktuur in ‘n gekose area te beskadig.
Produk
Kenmerke
PYNLOOSHEID: Deur gebruik te maak van ‘n ultra
sensitiewe sondeerstif wat slegs in kontak met die
vel kom, word inligting na die rekenaar gestuur en
die laag vet word dan op die monitor vertoon.
GEBRUIK: Dit kan in ‘n buite- of binne pasiënt
verband gebruik word met ‘n gesteriliseerde,
enkel-gebruik sondeerstif.
Dit bepaal onmiddellik die dikte van die vetweefsel,
wat dit dan in realistiese, driedimensionele beelde
vertoon.
MAKLIK VIR DOKTERS OM TE GEBRUIK: Hierdie toestel
verskaf aan die dokter die inligting oor die presiese
hoeveelhede oorgeblewe vet na die lipomodellering
prosedure, wat dan met presisie verwyder kan word.
Dus word onaantreklike na -operatiewe resultate uitgeskakel.
KOMPAK EN MAKLIK OM TE GEBRUIK: Danksy sy klein formaat,
ergonomiese handvatsel en buigbare drade, is dit eenvoudig
om te gebruik en maklik hanteerbaar. Daar is twee
verskillende grootte sondeerstiffies vir die verwydering
van groot en klein vet deponerings.
GEDOKUMENTEERDE RESULTATE: Die resultate voor en
na die operasie kan akkuraat vergelyk word.
GEEN NEW-EFFEKTE: Die toestel is ‘n nie-ingrypende
oplossing wat selfs meer effektief is in die uitvoering
van hoë presisie liposuiging prosedures.
|